Sunday, July 15, 2007

Rollerblade in Belgrade - Afr

Hallo almal

Dis seker tyd om weer van ons te laat hoor.

Daar is op die stadium onsekerheid oor wanneer ons presies gaan terugkeer SA toe. Intussen woon en werk ons maar rustig voort. Ons geniet die lewe langs die rivier. Ons het soos baie ander mense ook lus geraak om die rollerblade ding te probeer. Die kinders het omtrent vinnig geleer en wikkel nou behoorlik hier af langs die rivier. Ek en Stephan het vir ons elkeen 'n paar gekoop. Stephan is die eerste week uitgeskakel weens skaafplekke en ek die tweede week weens 'n harde val. Ek sal hopelik volgende week op die been wees. Stephan het gou herstel en hy lyk nou al soos 'n pro. Ons probeer ook gereeld by Kalemegdan uitkom - die groot park met die fort. Dis net so 15 min se stap.



Nadia en Anandi het intussen baie stap fiks geword (ons ook). So ons kan nou ver afstande saam met hulle afle. Hulle het ook baie kreatief geword met speelgoed (die meeste van hulle goed het in SA agtergebly). Hulle maak gemors mooi. Mens kan nie glo wat hulle alles uitdink nie. Hulle is ook goeie maats en ons lag baie vir hulle speletjies wat iets soos die gaan "en toe se jy .. en toe doen jy dit .. en toe..".



Met ons gaan dit ook goed. Ons mis net vriende, wat moeilik is om te maak as mens nie die taal verstaan nie. Met die onsekerheid wil mens nie uit jou pad gaan om te probeer om die taal te leer of vriende te maak nie. Want jy gaan dan dalk more alweer weg. Maar dis miskien die geheim om te leer .. leef vir vandag en maak die beste gebruik van elke geleentheid. Amper soos Dorry se "just keep swimming, just keep swimming..". Maar dis maar iets waarmee ons sukkel. Ons gaan binnekort met vakansie. Maar visums is 'n probleem en ons sal maar sien waar ons uitkom. Ons sien baie uit daarna waar dit ookal gaan wees.

Liefde
Stephan en Irene

No comments: