Monday, April 30, 2007

Belgrade 5 Afr

Liewe vriende en familie



Baie dankie vir julle gereelde briewe. Ons waardeer dit. Belgrade het die laaste twee weke nuwe lewe gekry.



Die bome het blare, die fonteine is aan, die tulpe en ander blomme is uit en hulle het die roomysse uitgepak.



Ons was hierdie naweek in Panceville, 'n dorpie net buite Belgrade. Stephan het daar gepreek Saterdag en Sondag heeldag opleiding gegee in 'n ander dorp 3 ure se ry van Panceville af. Hy het 7 ure land opleiding gegee en was pootuit. Maar dit baie goed gegaan en hy kon 'n paar selleiers bemoedig en selgroep beginsels leer.



Ek en die kinders was ook saam, maar het die heeltyd gekuier saam met die pastoor se vrou (haar naam is baie moeilik :-) en sy drie kinders.



Ek het die geselskap geniet en die kinders het heerlik gespeel. Die pastoor se vrou is 'n kunstenaar en sy het my aangemoedig om aan te hou teken. Sy maak ook die mooiste vroutjies van mielieblare.



Omdat dit eintlik 'n langnaweek is, het ons besluit om 'n trip na die berge te beplan. Almal het ons aanbeveel om Zlatibor toe te gaan. Ek het toe die Serbiese inligtingskantoor gevra om ons te help met oproepe, want die mense praat mos nie Engels nie. Die ou daar was baie hulpvaardig, maar na twee bookings wat gemaak is en deur die hotelle gekanselleer is, het ons maar moed opgegee. Maar ons het maar 'n hardkoppige streek in ons en het besluit om in elk geval Dinsdag Zlatibor toe te ry en indien ons nie plek kry nie, maar weer terug te kom die middag. Ons sien nogal uit daarna. Behalwe dat dit Stephan se eerste keer sal wees vir ry aan die regterkant van die pad. Maar ek is seker hy sal dit regkry :-).



Ek het sulke "Mr Bean" oomblikke - dis my naam daarvoor (ons het sy nuutste fliek hier gesien en het die voordeel gehad - dit was in Engels :-). Een het ek gehad by die serbiese inligtingskantoor. Die ou daar het my gehelp om plekke te bel wat karre uithuur. Een van die mense praat toe Engels. Aan die einde van die gesprek wou ek weet wat sy naam is. Dit is toe Woewoefkiwitch. Ek lag toe amper kliphard in die ou se oor want dit klink baie snaaks, maar kon toe darem myself in toom hou tot ek die foon neergesit het. Ek vertel toe vir die ou van die man met die snaakse naam. Hy kyk toe na die papier waar ek die naam geskribbel het en sy kommentaar was "You spell it like this and it happens to be my last name." Wel, gelukkig sukkel hy met Van der Merwe so hy was darem nie te verontwaardig nie.



Stephan het 'n paar heerlike ervarings gehad hierdie laaste twee weke. Hy het die Belgrade halfmarathon gehardloop. Hy was maar styf gewees maar dit was heerlik. Hy het goed gehardloop. Ek sal maar nie vertel van my eie marathon stap deur die stad agter 'n t-shirt en resies-nommer aan, met beperkte Sripski nie :-). Ek sal maar net se dat ek nie weer mense met 'n papiertjie in die hand sal probeer nader om iets te vra nie - hulle dink ek bedel :-). So het hy ook in Londen gaan draf langs die Teems af verlede week. Dit was nodig dat hy Londen toe gaan vir sy visum en hy het vir een dag heerlik sight-seeing gedoen.



Anandi het ook vir 'n paar snaakse oomblikke gesorg. Sy kan 'n ding baie goed beskryf. Party mense hierso maak hulle kinders aan bandjies vas wanneer hulle gaan stap. Anandi se opmerking was "Kyk Mamma sy trek hom soos 'n hond aan". Gelukkig praat die mense nie Afrikaans hier nie :-). Ek het vir Nadia en Anandi 'n ou Asterix movie gewys en die oggend vir Nadia gevra of sy graag Asterix the Gaul sou wou lees (dit help vir motivering vir Engels lees). Anandi se so ewe rustig "Ja, dis omdat hy sukkel mooi vlegsels het". Sy het "girl" gehoor vir die wat dit nie gesnap het nie (en sy praat van Obelix).




Wel, dis vir eers al. Ons raak nogal geheg aan Belgrade. Dis so rustig en misdaad vry. Ons sal ook ons vriende by die kerk mis. Dis wonderlik om deel van 'n familie te wees wat wereldwyd is. Dis wat Jesus wou he, dat ons een sal wees. Hy het dit moontlik gemaak vir ons deur sy dood en opstanding.


Liefde
Stewan Irena Nada en Ujiewaai :-)

2 comments:

Renier said...

Hallo Stephan en Irene. Dis lekker om van julle te hoor. Hier in ons geweste raak dit nou herfs en ons het selfs biekie reen gekry. Die kinders het vandag 'n skoolvakansiedag en more is mos Werkersdag. So die paaie is 'n fees en by die werk is ook maar min mense.

Sterkte vir julle en gee vir die kinners 'n drukkie. Groetnis: Renier & Fiona en kinders

Irene said...

Hallo Renier

Dis lekker om julle te hoor. Maak weer so!

Stephan en Irene