Friday, April 6, 2007

Belgrade 4 Afr



Ka ko ste? Dali emate rajunar. Volim te. Oeps, hoe deurmekaar is ek nou. Ek praat nou al so baie Srpski en tik ook sommer daarin. ... I wish :-)



Soos Paasfees nader kom is daar twee goed wat ons mis: paaseiers en hot-cross buns. Ons het wel die Ortodokse kerk se paasfees simbole gesien Saterdag by St. Markus se kerk. Hulle het klokkies (vir die goeie nuus), en kranse (vir die doringkroon) verkoop voor die kerk. Dit was amper soos 'n kermis en die kinders en ons het die baie geniet. Hulle het ook allerhande lekkernye verkoop wat ons net moes probeer. Ons het ook 'n foutjie gemaak om vir die kinders elkeen 'n groot ballon te koop wat ons toe die res van die dag agter ons saam moes sleep deur besige strate, in busse en vol winkels.



Ons gaan maar 'n stil en rustige paasnaweek hier in Belgrade he. Ons wil graag Vrydagaand na die Assemblies of God se diens gaan. Ons het hierdie week hulle enigste selgroep bygewoon. Dit was heerlik en vir ons 'n seen. Ons het 'n heerlike Serbiese ete geniet. Daarna het ons almal vir mekaar gebid. Die leier en sy vrou kan Engels goed praat en ons kon baie leer van die taal en kultuur.








Ons belewenis van die Serbiers is dat hulle nors voorkom, maar hulle is eintlik hulpvaardig en vriendelik. Hulle is beleefd en gaaf en hou van kuier in caffe's langs die straat. Maar soos die vrou wat Sondag vir ons vertaal het by die diens die Serbiers help verduidelik het: "They're loud, they're proud and they think they know something."










Ons was Sondag na die kerkdiens by Ada Chiganlija. Dit voel vir my amper nog groter as Kalemegdan. Die mense beoefen omtrent elke sportsoort daar o.a. watersport. Dit lyk ook amper of dit die strand kan wees waar mense sonbrand en swem. Ons kan maar net nie genoeg kry van al die parke nie. Dis heerlik.



Stephan werk nou vir eers by die huis. Dis vir ons lekker en vir hom moeilik. Maar ons hoop dinge sal gou uitwerk en dat die onsekerhede opgeklaar sal word. Intussen probeer ons die beste maak van die geleentheid en vat elke dag soos dit kom.



Wel, ek moet seker erken dat ek al so bietjie verlang ook. Ek raak party dae so bietjie moeg vir die vreemde land en dan wil ek net in die huis bly (meer spesifiek in die stort :-). Dit gebeur darem nie te baie nie. Dis te veel pret om te gaan rondloop.



Ons hoop julle het ook 'n heerlike rustige Paasnaweek en dat Jesus die plek sal he wat Hy verdien in julle lewe.

Liefde
Stephan en Irene

1 comment:

Annelie said...

Stephan, Irene en al jul mooi kinders!
ons ken nie mekaar, maar ek het nou via woes en Stephan se gedigte hier op jul blad gekom - is lekker te lees, sal so nou en dan dalk weer kom inloer - voel half of julle nou amper bekendes is (",)
seënwense vir julle daar in die vreemde!